-
Psalms 107
- 1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
- 2 Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het
- 3 en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.
- 4 Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.
- 5 Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.
- 6 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.
- 7 En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon.
- 8 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
- 9 want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.
- 10 Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters —
- 11 omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,
- 12 het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.
- 13 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
- 14 Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.
- 15 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
- 16 want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
- 17 Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is —
- 18 hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.
- 19 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
- 20 Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
- 21 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
- 22 en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
- 23 Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters —
- 24 húlle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte.
- 25 Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.
- 26 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes — hulle siel het vergaan van wee.
- 27 Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.
- 28 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
- 29 Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
- 30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
- 31 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.
- 32 En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
- 33 Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland,
- 34 vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.
- 35 Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;
- 36 en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon.
- 37 En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.
- 38 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.
- 39 Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer —
- 40 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad —
- 41 Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.
- 42 Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.
- 43 Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.