-
Psalms 33
- 1 o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes.
- 2 Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.
- 3 Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
- 4 Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.
- 5 Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.
- 6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
- 7 Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
- 8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;
- 9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.
- 10 Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
- 11 Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
- 12 Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
- 13 Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
- 14 Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
- 15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
- 16 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.
- 17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
- 18 Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
- 19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
- 20 Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;
- 21 want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
- 22 Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.