-
Psalms 94
- 1 God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!
- 2 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
- 3 Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?
- 4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
- 5 o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
- 6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
- 7 en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
- 8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
- 9 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
- 10 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie — Hy wat die mens kennis leer?
- 11 Die HERE ken die gedagtes van die mense — dat hulle nietigheid is.
- 12 Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
- 13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
- 14 Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
- 15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
- 16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
- 17 As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
- 18 As ek dink: My voet wankel — dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!
- 19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
- 20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
- 21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
- 22 Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
- 23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.