-
Psalms 50
- 1 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
- 2 Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.
- 3 Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.
- 4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:
- 5 Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!
- 6 En — die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.
- 7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!
- 8 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.
- 9 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;
- 10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.
- 11 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.
- 12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
- 13 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?
- 14 Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
- 15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
- 16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond —
- 17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?
- 18 As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.
- 19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.
- 20 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.
- 21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.
- 22 Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.
- 23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.