-
Psalms 19
- 1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
- 2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
- 3 Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
- 4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.
- 5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
- 6 en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.
- 7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
- 8 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
- 9 Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
- 10 Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid — tesame is hulle regverdig.
- 11 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
- 12 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.
- 13 Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
- 14 Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.