-
Psalms 88
- 1 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.
- 2 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
- 3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.
- 4 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
- 5 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,
- 6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.
- 7 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.
- 8 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.
- 9 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.
- 10 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.
- 11 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.
- 12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?
- 13 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?
- 14 Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
- 15 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?
- 16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.
- 17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;
- 18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my. U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.