-
Psalms 34
- 1 'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.
- 2 Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.
- 3 Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.
- 4 Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!
- 5 Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.
- 6 He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.
- 7 Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
- 8 Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
- 9 Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
- 10 Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
- 11 Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
- 12 Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.
- 13 Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?
- 14 Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
- 15 Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.
- 16 Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.
- 17 Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
- 18 Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
- 19 Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
- 20 Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
- 21 Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.
- 22 Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet. Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.