-
Psalms 44
- 1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing.
- 2 o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.
- 3 U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.
- 4 Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
- 5 U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.
- 6 Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.
- 7 Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;
- 8 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
- 9 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
- 10 En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
- 11 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.
- 12 U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.
- 13 U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.
- 14 U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
- 15 U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die volke.
- 16 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;
- 17 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.
- 18 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.
- 19 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,
- 20 alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek.
- 21 As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god —
- 22 sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
- 23 Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.
- 24 Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!
- 25 Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
- 26 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde. Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.