-
Psalms 116
- 1 Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,
- 2 want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
- 3 Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
- 4 Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel.
- 5 Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer.
- 6 Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.
- 7 My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen.
- 8 Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling.
- 9 Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande van die lewendes.
- 10 Ek het geglo toe ek gespreek het: Ek is diep neergebuig.
- 11 Ék het in my angs gesê: Alle mense is leuenaars.
- 12 Wat sal ek die HERE vergeld vir al sy weldade aan my?
- 13 Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep.
- 14 My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.
- 15 Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote.
- 16 Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.
- 17 Ek sal U 'n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.
- 18 Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,
- 19 in die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.