-
Psalms 104
- 1 Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed —
- 2 wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;
- 3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
- 4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
- 5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
- 6 U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.
- 7 Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik —
- 8 berge het opgerys, laagtes het weggesak — na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
- 9 'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
- 10 Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.
- 11 Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.
- 12 By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.
- 13 Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
- 14 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
- 15 en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
- 16 Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;
- 17 waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.
- 18 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.
- 19 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
- 20 U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.
- 21 Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.
- 22 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
- 23 Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.
- 24 Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
- 25 Daar is die see, groot en alkante toe wyd — daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.
- 26 Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.
- 27 Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.
- 28 U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
- 29 U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
- 30 U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
- 31 Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,
- 32 Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
- 33 Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
- 34 Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!
- 35 Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.