-
Psalms 139
- 1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.
- 2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
- 3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.
- 4 Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al.
- 5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
- 6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
- 7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
- 8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
- 9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,
- 10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
- 11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,
- 12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
- 13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
- 14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
- 15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
- 16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
- 17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!
- 18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
- 19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
- 20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders!
- 21 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?
- 22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!
- 23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
- 24 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.