-
Psalms 102
- 1 'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE.
- 2 o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!
- 3 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!
- 4 Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.
- 5 Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.
- 6 Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.
- 7 Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.
- 8 Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.
- 9 Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.
- 10 Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
- 11 vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.
- 12 My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.
- 13 Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
- 14 U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.
- 15 Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
- 16 Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;
- 17 omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,
- 18 Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
- 19 Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;
- 20 omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,
- 21 om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;
- 22 sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,
- 23 as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.
- 24 Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
- 25 My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie — u jare is van geslag tot geslag!
- 26 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
- 27 Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.
- 28 Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.