-
Job 29
- 1 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
- 2 Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;
- 3 toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;
- 4 soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;
- 5 toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;
- 6 toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.
- 7 Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,
- 8 het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.
- 9 Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.
- 10 Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.
- 11 Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.
- 12 Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.
- 13 Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
- 14 Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband.
- 15 Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.
- 16 'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.
- 17 En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.
- 18 So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.
- 19 My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.
- 20 My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.
- 21 Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.
- 22 Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.
- 23 En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.
- 24 Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.
- 25 Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.