-
Job 8
- 1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
- 2 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?
- 3 Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?
- 4 As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
- 5 As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,
- 6 as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
- 7 dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
- 8 Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
- 9 (want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die aarde is;)
- 10 sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
- 11 Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
- 12 Nog is dit in sy volle groei — sonder dat dit afgepluk word — dan verdor dit voor al die ander gras.
- 13 So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;
- 14 sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.
- 15 Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
- 16 Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
- 17 Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.
- 18 As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.
- 19 Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!
- 20 Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
- 21 Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,
- 22 sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose — weg is dit!
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.