-
Job 36
- 1 En Elíhu het voortgegaan en gesê:
- 2 Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.
- 3 Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.
- 4 Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.
- 5 Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie — geweldig deur krag van verstand.
- 6 Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.
- 7 Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.
- 8 Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,
- 9 dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;
- 10 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
- 11 As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
- 12 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
- 13 Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
- 14 So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
- 15 Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.
- 16 So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.
- 17 Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.
- 18 Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
- 19 Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?
- 20 Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.
- 21 Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.
- 22 Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy?
- 23 Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?
- 24 Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.
- 25 Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.
- 26 Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.
- 27 Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën
- 28 wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.
- 29 Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?
- 30 Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.
- 31 Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.
- 32 Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.
- 33 Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.