-
Job 28
- 1 Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas.
- 2 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.
- 3 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.
- 4 Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.
- 5 Die aarde — daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
- 6 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
- 7 'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
- 8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
- 9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
- 10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
- 11 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.
- 12 Maar die wysheid — waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
- 13 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
- 14 Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.
- 15 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.
- 16 Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.
- 17 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.
- 18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
- 19 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.
- 20 Die wysheid dan — waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?
- 21 Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.
- 22 Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.
- 23 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.
- 24 Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
- 25 Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,
- 26 toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,
- 27 toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
- 28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.