-
Job 5
- 1 Roep maar — is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?
- 2 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
- 3 Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.
- 4 Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.
- 5 Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.
- 6 Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.
- 7 Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.
- 8 Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,
- 9 aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
- 10 wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;
- 11 om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
- 12 Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;
- 13 wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
- 14 Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
- 15 So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
- 16 So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.
- 17 Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
- 18 Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
- 19 In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
- 20 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
- 21 As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
- 22 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.
- 23 Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
- 24 En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
- 25 Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
- 26 Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.
- 27 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.