-
Job 19
- 1 Maar Job het geantwoord en gesê:
- 2 Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?
- 3 Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.
- 4 En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.
- 5 As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,
- 6 weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.
- 7 As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.
- 8 Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.
- 9 My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.
- 10 Hy werp my aan alle kante omver, en — daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom.
- 11 Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.
- 12 As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.
- 13 My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.
- 14 My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.
- 15 My bywoners en my slavinne beskou my as 'n vreemde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë.
- 16 Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.
- 17 My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.
- 18 Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.
- 19 Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.
- 20 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.
- 21 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!
- 22 Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?
- 23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in 'n boek opgeteken word —
- 24 met 'n ystergriffel en lood — vir altyd in 'n rots ingekap!
- 25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
- 26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
- 27 Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë — en geen vreemde nie — sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.
- 28 As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! —
- 29 vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.