-
Job 33
- 1 Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.
- 2 Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.
- 3 My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.
- 4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.
- 5 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!
- 6 Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.
- 7 Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.
- 8 Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:
- 9 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
- 10 Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir 'n vyand van Hom.
- 11 Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.
- 12 Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as 'n mens.
- 13 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?
- 14 Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.
- 15 In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
- 16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
- 17 om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;
- 18 sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
- 19 Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,
- 20 sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.
- 21 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.
- 22 Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.
- 23 Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;
- 24 en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind —
- 25 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.
- 26 Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.
- 27 Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.
- 28 Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.
- 29 Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens
- 30 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
- 31 Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek.
- 32 As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.
- 33 So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.