-
Spreuke 13
- 1 'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.
- 2 Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.
- 3 Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
- 4 Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.
- 5 Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
- 6 Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.
- 7 Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.
- 8 Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.
- 9 Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.
- 10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
- 11 Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
- 12 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.
- 13 Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
- 14 Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
- 15 'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.
- 16 Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.
- 17 'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.
- 18 Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.
- 19 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.
- 20 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
- 21 Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.
- 22 'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.
- 23 Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.
- 24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
- 25 Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.