-
Klaagliedere 5
- 1 Dink, HERE, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad.
- 2 Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders.
- 3 Ons het wese geword, sonder 'n vader, ons moeders is soos weduwees.
- 4 Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in.
- 5 Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word.
- 6 Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.
- 7 Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede.
- 8 Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.
- 9 Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.
- 10 Ons vel gloei soos 'n oond vanweë die gloed van die honger.
- 11 Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.
- 12 Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.
- 13 Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.
- 14 Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.
- 15 Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.
- 16 Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.
- 17 Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:
- 18 ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.
- 19 U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag.
- 20 Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?
- 21 Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.
- 22 Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.