-
Jeremia 43
- 1 En toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die HERE hulle God, waarmee die HERE hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,
- 2 het Asárja, die seun van Hosája, en Jóhanan, die seun van Karéag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die HERE onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.
- 3 Maar Barug, die seun van Nería, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.
- 4 So het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die HERE om in die land Juda te bly nie.
- 5 Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,
- 6 die manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning en al die mense wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, by Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, laat staan het — ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería —
- 7 en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van die HERE nie. En hulle het tot by Tagpánhes gekom.
- 8 Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom in Tagpánhes en gesê:
- 9 Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpánhes is, voor die oë van die Joodse manne;
- 10 en sê vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadrésar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.
- 11 En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!
- 12 En Ek sal 'n vuur aansteek in die huise van die gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos 'n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek.
- 13 En hy sal die klippilare van Bet-Semes wat in Egipteland is, verbreek en die huise van die gode van Egipte met vuur verbrand.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.