-
Esegiël 6
- 1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
- 2 Mensekind, rig jou aangesig teen die berge van Israel, en profeteer teen hulle
- 3 en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE! So sê die Here HERE vir die berge en vir die heuwels en vir die klowe en vir die dale: Kyk, Ek bring 'n swaard oor julle, en Ek sal julle hoogtes vernietig;
- 4 en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word; en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode;
- 5 en Ek sal die lyke van die kinders van Israel voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi.
- 6 In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes 'n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word.
- 7 En die wat verslaan is, sal onder julle lê, sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.
- 8 Maar Ek sal 'n oorblyfsel bewaar deurdat daar vir julle sommige sal wees wat onder die nasies die swaard ontvlug, as julle verstrooi is in die lande.
- 9 Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek hulle ontugtige hart wat van My afgewyk het, en hulle oë wat agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het volgens al hulle gruwels.
- 10 En hulle sal weet dat Ek die HERE is; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.
- 11 So sê die Here HERE: Slaan in jou hand, en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val.
- 12 Hy wat ver is, sal deur die pes sterwe; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en gespaar is, sal deur die hongersnood sterwe. So sal Ek dan my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.
- 13 En julle sal weet dat Ek die HERE is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode 'n lieflike offergeur gebring het.
- 14 En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land 'n wildernis maak en 'n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die HERE is.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.