-
2 Kronieke 12
- 1 En toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom.
- 2 Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek — omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het —
- 3 met twaalf honderd strydwaens en sestig duisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.
- 4 En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.
- 5 Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.
- 6 Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die HERE is regverdig.
- 7 En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.
- 8 Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!
- 9 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.
- 10 Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.
- 11 So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.
- 12 Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die HERE van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.
- 13 En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
- 14 En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die HERE te soek nie.
- 15 En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.
- 16 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.